
BOTHA ENSLIN woon in Silverton, Pretoria en het geswot aan destydse Technikon Pretoria onderleiding van Woutrine (Theron) Foord. Daar het hy sy Nasional Diploma vir Drama in 2003 verwerf. En het dadelik begin werk in die bedryf. Hy het talle verhoogproduksies, Tv en radio advertensies op die kerfstok. Hy was te siene in Rhythm city, Generations, Isigingo, Thys en Trix en ‘n paar Silwerskerm films. Hy het ook talle Radio dramas gedoen vir RSG. Tans is hy besig met Liewe Heksie, repetisies vir Die Pomporrel Konsert en is binnekort te sien in Showmax se nuwe reeks, Horisonne. Hy is ook ‘n eiendomsagent.